View unanswered posts | View active topics It is currently Sat Jun 06, 2026 3:45 pm



Reply to topic  [ 1 post ] 
 SEB-vereistes vir klein sake 
Author Message

Joined: Tue Apr 25, 2006 2:48 pm
Posts: 160
Post SEB-vereistes vir klein sake
Die departement van handel en nywerheid het op 20 Desember verlede jaar die sogenaamde tweedefase-konsepkodes uitgereik vir kommentaar, en daarmee saam meer lig gewerp op onder meer die rol van familie-ondernemings en klein sake binne die konteks van swart ekonomiese bemagtiging (SEB).

Ingevolge die kodes word voorgestel op welke wyse verskeie aspekte soos kwalifiserende klein sake, frontentiteite, multinasionale ondernemings, art. 21-maatskappye en ander aangeleenthede behartig moet word.

Ondernemings word in drie groepe verdeel: mikro-ondernemings, kwalifiserende klein ondernemings en groot ondernemings. Die drie soorte kan as volg geïdentifiseer word:



Mikro-ondernemings:

Die voorstel is dat sogenaamde mikro-entiteite in die geheel uitgesluit word van meting. Dit is ondernemings waarvan die jaarlikse omset minder is as die perk waarop 'n onderneming vir belasting op toegevoegde waarde (BTW) moet registreer.

Dié perk is tans 'n omset van minder as R300 000 per jaar. Ondernemings waarvan die omset nie R300 000 per jaar oorskry nie, sal dus uitgesluit word van SEB-vereistes.

Kwalifiserende klein ondernemings word soos volg in die verskillende sektore bepaal:

Indien 'n onderneming se jaarlikse omset meer as R300 000 is en die onderneming se getal werkers en jaarlikse omset minder is as die voormelde perke, word voorgestel dat die onderneming geklassifiseer word as 'n kwalifiserende klein onderneming vir doeleindes van kwalifisering vir bemagtiging.

Sodanige kwalifiserende klein ondernemings kan verkies om op slegs vyf van die sewe elemente op die telkaart gegradeer te word, in welke geval al die elemente 'n gewig van 20% het.

Die onderneming kan andersins verkies om op ses of sewe elemente gegradeer te word. Die totaal van die telkaart sal dan tot 125 punte beperk word.

Die vergunning maak dus 'n buigbare telkaart moontlik en 'n kwalifiserende klein onderneming kan kies watter opsie vir hom die voordeligste is.

Voorts word voorgestel dat 'n kwalifiserende klein onderneming wat 'n gradering van 20% vir eienaarskap op die telkaart ontvang, bonuspunte kan verdien.

Swart eienaarskap van meer as 50% word verder beloon deurdat so 'n onderneming se bemagtigingstatus vanself met 'n vlak verhoog word as die swart eienaar geen beperkings soos uitstaande skuld op die eienaarskap het nie en volledige beheer en kontrole oor die betrokke persentasie aandeelhouding kan uitoefen.



Groot ondernemings:

Dit is ondernemings wat nie as mikro- of kwalifiserende ondernemings kwalifiseer nie. Sulke ondernemings moet voldoen aan die telkaartvereiste van honderd punte en sewe kriteria ten einde hul SEB-status te bepaal.

Wat die statusvlakke van SEB by voorkeurverkryging betref, word voorgestel dat daar nege vlakke sal wees (soos uiteengesit in die tabel regs bo).

Tydens die gradering van voorkeurverkryging sal dit beteken dat die totale waarde van die aankoop van goedere, dienste en kapitaalgoedere gebruik sal word en dat die somtotaal van aankope by verskaffers ingevolge hul onderskeie erkenningsvlakke as 'n persentasie van die totale verkryging uitgedruk sal word.

Daarvolgens sal daar vir elke R1 wat by 'n vlak-4-bydraer bestee word, R1 krediet by die berekenings gevoeg word, terwyl R1 wat bestee word by 'n vlak-8-bydraer net R1,10 krediet op die telkaart sal beteken.

Hoewel sommige teikens soos vaardigheidsontwikkeling en totale voorkeurverkryging by kwalifiserende klein ondernemings verlaag is, stel die konsepkodes oor die algemeen graderings voor wat meer tegnies van aard is en vaste formules word voorgeskryf vir gradering.

Daar is nou konsepkodes beskikbaar vir al sewe elemente op die onderskeie telkaarte. Daar is ook meer duidelikheid onder watter omstandighede punte en bonuspunte verdien kan word.

Die volledige konsepkodes is beskikbaar op die departement van handel en nywerheid se webwerf (www.dti.gov.za).

Hoewel telkens in die media na familie- ondernemings verwys word, word 'n familie-onderneming nie as sulks gedefinieer nie.

Dit spreek vanself dat die tradisionele klein familie-onderneming onder mikro-ondernemings of kwalifiserende klein ondernemings sal val. In so 'n geval sal die kriteria soos hierbo bespreek dus geld.

As 'n familie-onderneming dus 'n kwalifiserende klein onderneming is, kan hy met die buigbare telkaart besluit om aan slegs vyf van die sewe elemente te voldoen. 'n Kwalifiserende klein onderneming het die keuse om nie aan die eienaarskap- en bestuurselement gemeet te word nie.

Nog 'n insiggewende verwikkeling is die omskrywing van sogenaamde frontoptrede in die nuwe konsepkodes.

Graderingsagentskappe gaan vorentoe verplig wees om risiko's by elke onderneming ingevolge aanwysers en formules te bepaal waarna die status van 'n frontonderneming verlaag, die totale telkaart gë?gnoreer, die onderneming op 'n swartlys geplaas en/of strafregtelik vervolg kan word.

Uiteraard word 'n plig vir die rapportering van sodanige bedrywighede op graderingsagentskappe geplaas en hulle sal die volgende in ag neem by hul beoordeling, wat sterk op frontbedrywighede sal dui:
Oëverblindery.
Beperkings op ondernemings se operasionele vermoë.
Ooreenkomste wat nie billik en regver dig is nie en ondernemings se vryheid ten opsigte van kliënte, verskaffers en so meer beperk.
Inisiatiewe wat die vloei van ekonomiese voordeel na swartes wysig sodat dit nie ooreenstem met relevante dokumentasie nie.
Swart aandeelhouers en uitvoerende bestuurders wat onseker is van hul take en rol in die onderneming.
As die onderneming nie in staat is om onafhanklik sake te doen sonder die ondersteuning van 'n derde party nie.
As 'n onderneming slegs bemarking doen sonder die bedryfsvermoë wat redelikerwys van so 'n onderneming verwag sou word.

Weens die verrykende gevolge wat frontoptrede vir ondernemings kan inhou, is dit raadsaam vir ondernemings om gespesialiseerde advies in dié verband in te win.

Voorts gaan aandeeloordrag soms gepaard met ingewikkelde lenings en ander struktureringsooreenkomste.

Die kodes het nie net streng vereistes om dit te reguleer nie, maar plaas 'n strafbepaling daarop as die bedoeling was om te mislei of as 'n rookskerm of front te dien.


GIDEON GERBER
Gideon Gerber is uitvoerende hoof van Seesa Ltd. Seesa BEE Ratings het reeds 2 000 klein ondernemings se swart bemagtiging gefasiliteer.

http://www.news24.com

_________________
Ben Botes
http://www.businessplanwhiz.co.za - business plan software
http://www.sabusinessplans.co.za - business plan
http://www.investorsnetwork.co.za - business finance


Mon May 29, 2006 12:15 pm
Profile WWW
Display posts from previous:  Sort by  
Reply to topic   [ 1 post ] 

Who is online

Users browsing this forum: No registered users and 7 guests


You cannot post new topics in this forum
You cannot reply to topics in this forum
You cannot edit your posts in this forum
You cannot delete your posts in this forum
You cannot post attachments in this forum

Search for:
Jump to:  
cron


Powered by phpBB © 2000, 2002, 2005, 2007 phpBB Group.
Designed by STSoftware for PTF.